‘n Koerant in Amerika het berig van ‘n groot groep motorfietsryers.
Hulle het gaan protesteer omdat dit gewettig is dat valhelms gedra moet word.
Op pad na die stad het een beheer oor sy motorfiets verloor,
en ernstige hoofbeserings opgedoen.
Met ‘n valhelm sou dit na alle waarskynlikheid nie so ernstig wees nie.
Die ryers het toe weer daaroor gedink en die protesoptog afgelas.

Ons is dikwels net soos daardie motorfietsryers.
Ons beskou die Here se wette as onnodig en beperkend.
Terwyl ons dit teenstaan, vra ons tog sy liefdevolle seën en beskerming.
Die ironie is dat ons pogings om van alle “beperkende” bande weg te kom,
juis nie vir ons geluk en vrede en vryheid bring nie!
Ons verloor juis eer, doelgerigtheid, rigting en sekuriteit.
Diegene wat daarop aandring om dinge op hulle eie manier te doen,
beleef juis ‘n toename in dinge wat sleg verkeerd loop vir hulle.
Die sogenaamde inperkende wette en regulasies,
is juis ter wille van ons eie beswil.

Dit geld nog soveel meer ten opsigte van die Wet van die Here.
Dit is tien liefdesriglyne om ons te lei,
juis om ons dankbaarheid uit te leef teenoor die Here.
Dit is tien stippellyne vir die pad saam met die Here.
God plaas nie beperkings op sy kinders nie.
God gee riglyne vir die ware lewe in oorvloed.

Dit is om hierdie rede wat die Here Jesus self ook sê:
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete
ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle
ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry”
Matteus 5:17.

Ernest