Stone Mountain in Georgië, is die grootste voorkoms van
blootgestelde graniet in die wêreld.
Aan die een kant van die berg is beelde uitgekap
van groot leiers uit die suidelike VSA.
Alhoewel die berg reusagtig is,
lyk dit nie so as jy dit van ver af sien nie.
Dit het waarskynlik te doen met die omliggende topografie.
Maar wanneer jy naby kom,
oorweldig die grootheid van die berg jou!
Dit is ‘n soortgelyke waarheid ten opsigte van die kennis van God.
Wie Hy is, en in Wie se teenwoordigheid jy besef dat jy kom.
Psalm 89 sê iets daarvan.
Die Psalm is vol lofprysing aan God.
Dit vertel van God se grootheid.
Sy genade en sy getrouheid.
Die skrywer kan dit sê omdat hy naby God kom.
Hy kom naby die “Berg”.
Hy het ‘n persoonlike verhouding met God.
Hy word deur sy grootheid oorweldig,
omdat hy naby Hom kom!
Hoe verder jy van God af leef,
hoe kleiner is Hy vir jou.
Maar hoe nader jy aan God leef,
hoe groter word Hy vir jou!
Jy ontdek Hy is Almagtig en oneindig.
Onbeskryflik groot.
Jy voel sy teenwoordigheid aan.
Jy besef sy heiligheid.
Vers 14 praat van die Here se magtige arm,
en sy sterk hand.
Wanneer jy in God se lig lewe, vers 16,
dan “sien” jy God se grootheid!
Hoe nader jy aan God lewe,
hoe wonderliker en groter word Hy vir jou!
Ernest