Mense soek op verslillende maniere na God se wil.
Party vind dit in beloftes.
Hulle kry een of ander belofte uit die Bybel,
wat bevestig dat hulle op koers is,
of die koers vir hulle aandui.
Dan bou hulle hul sekerhede rondom spesifieke Bybeltekse.
Ander mense gebruik die Skrif op ‘n bepaalde metode.
Hulle glo dat hulle “Skrif kry”.
Hulle bedoel dat hulle een of ander spesiale teks ontvang.
Dikwels word die Bybel dan ook na willekeur oopgeslaan.
Of hulle is oortuig iemand anders ontvang ‘n teks namens hulle.
Hulle glo dit blindelings as God se finale antwoord.
Nog ander mense is oortuig dat hulle die Here se wil deur drome kry.
Hulle glo dat God aan hulle in hulle drome openbaar wat sy wil is.
Mense glo ook hulle kry openbarings.
Bonatuurlike ervarings, gesigte of visioene.
Hulle volg dit as God se koersaanduiding.
Profesieë speel ook ‘n rol.
Mense besoek sogenaamde Christen profete.
Die maak aansprake en uitsprake oor hul toekoms.
Hulle glo dan dit is van God afkomstig.
Hierdie wyses om na God se wil te soek,
kan nie eenvoudig geïgnoreer word nie.
God kan Hom openbaar soos Hy wil.
Maar heel dikwels neem hierdie metodes mense se eie
verantwoordelikheid van hulle af weg om self te dink,
en ook self verantwoordelikheid te aanvaar.
Die Here antwoord nie altyd dadelik nie.
Ons moet ‘n pad saam met die Here loop,
om ook so sy wil te leer ken.
Dit is nie altyd so voor die hand liggend wat God se wil is nie.
“U Woord is die lamp wat vir my die weg wys,
die lig op my pad.” Psalm 119:105.
Ernest