God wil ‘n familie hê.
Hy skep jou in liefde om deel daarvan te wees!
God wil hê sy familie moet Hom liefhê, aanbid en eer,
en vir ewig saam met Hom wees.
Efesiers 1:5 sê:
“In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking,
toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.”

 

Vir God gaan dit oor verhoudings.
Sy hele wese is verhouding-gesind.
Vader , Seun en Heilige Gees staan alreeds in verhouding.
Die Drie-Eenheid is God se eie verhouding.
Hy gee Homself gesinsname: Vader, Seun en Gees.
Hy skep ook die mens om met die mens in verhouding te leef.
God was nie eensaam en het familie nodig nie.
Maar Hy kies om in liefde met familie te leef.

 

Wanneer ons in God glo, in Jesus Christus deur die Heilige Gees,
word God ons Vader. Ons sy kinders.
En die kerk word sy geestelike familie.
Hierdie familie sal vir ewig bestaan, saam met God.
En as kind van God deel jy in die erfenis by God!
In Efesiers 1:18 sê Paulus:
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder
dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou,
watter rykdom daar is in die heerlike erfenis
wat Hy vir die gelowiges bestem het.”

 

Erfenis?
Ons gaan vir ewig by God wees.
Ons gaan volkome verander en soos Christus word.
Ons gaan van alle pyn, dood en lyding verlos word.
Ons gaan beloon word in dien en aanbidding van God.
Ons gaan in God se heerlikheid deel.
Niemand kan dit van jou wegvat nie!
God waarborg dit self vir jou as sy kind, 1 Pet. 1:3-4.

 

Om deel van God se familie te wees is die hoogste eer,
en die grootste voorreg wat jy ooit kan ontvang.
Onthou aan Wie jy behoort, en onthou jou erfenis en jou hoop,
en gaan leef elke dag in hierdie waarheid!

 

Ernest