“Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.”
1 Petrus 4:9.

Wat is gasvryheid?
Dit is om deernis met mense te hê.
Dit is meer as om iemand te nooi vir ‘n lekker bord kos.
Dit is om mense wat in jou teenwoordigheid kom, met liefde te behandel.

Dit is natuurlik moeilik in ons dag om enige een gasvry te ontvang.
Ons kan ongelukkig nie meer ons deure vir enige een oopgooi nie.
Tog praat die Bybel ook van vreemdelinge as dit oor gasvryheid gaan.
Daarom mag ons, ten spyte van hedendaagse omstandighede,
nie ons deernis met mense verloor nie.
Ons moet, so ver as moontlik, steeds mense met gasvryheid ontvang.
Met deernis, al is dit deur die tralies van die veiligheidshek.
‘n Chinese spreekwoord sê:
“Betoon gasvryheid teenoor vriend én vyand wat by jou huis aanklop.
Die boom weerhou sy skadu van niemand nie –
nie eens van die houtkapper nie.”

Gasvryheid behoort geen ander kwaliteit te hê,
as die liefde waarmee God óns ook in sý teenwoordigheid ontvang nie!

“Moenie nalaat om gasvry te wees nie,
want deur gasvry te wees,
het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het,
engele as gaste gehuisves.”
Hebreers 13:2.

Ernest