“Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is.
Maak die beste gebruik van elke geleentheid.
Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig…”
Kolossense 4:5-6.

 

Die “mense wat nog buite die gemeente is”,
was in Paulus se tyd almal wat nie belydende Christene was nie.
Dit was die heidene met wie die Christene dag na dag te doen gekry het.

 

In ons tyd is dit moeiliker te onderskei.
Ons weet nie vandag sommer op sigwaarde wie Christene is, en wie nie.
Daar is selfs mense in die gemeente, wat formeel lidmate is,
maar ver van die Here af leef.

 

Ons moet eenvoudig teenoor almal,
wat in hulle harte ver weg van die gemeente leef,
met wysheid optree.
Moenie hulle veroordeel nie.
Wees vriendelik teenoor hulle.
Moenie hulle kans gee om die gemeentelede, of kerkmense,
as skeinheiliges uit te skel nie.
Moenie hulle kans gee om jou lewenswandel te bevraagteken nie.
Gebruik elke geleentheid om hulle van God se liefde bewus te maak.
Sorg dat jou woorde vriendelik en aangenaam is.

 

Die mense van die wêreld lees nie Bybel nie.
Hulle lees jou!

 

Ernest