In die Angolese grensoorlog
was daar ‘n toring net buite Oshakati.
Grenssoldate het onder die toring gebly.
Wanneer niemand dit verwag het nie,
is daar snags verligtingsmortiere vanuit
die toring oor die gebied afgevuur.
In hierdie lig het die nag in dag verander.
Niemand kon wegkruip nie.
Psalm 90:8 sê:
“U sien ons oortredinge raak,
U bring die sondes wat ons wou wegsteek,
aan die lig.”
Hier val die lig nou op ons lewens.
God is lig, so ook Sy Seun.
Wanneer die heiligheid van God oor ons skyn,
word ons toestand duidelik.
Wanneer die gesindhede, die lewenshouding,
en die goedgesindheid van God, in Jesus vergestalt word,
eers dan ontdek ons wie en wat ons geword het.
Wanneer God se lig oor ons val, kan ons net een sin bid:
“O God, wees my, arme sondaar, genadig.”
Jesus maak duisternis lig.
Hy wis ons nagdonker verlede uit.
Dan wil ons nie meer in die donker rondval nie.
Gaan leef nou in die lig wat God oor jou laat val!
Ernest