Paulus skryf in 2 Korintiërs 4:5-6:
“Wanneer ek preek, vertel ek nie allerhande
stories oor hoe belangrik ek is nie.
Nee, ek preek slegs oor Jesus Christus.
Ek vertel vir almal dat Hy die Here oor alles is.
En ék? Wel, ek is julle dienskneg wat net een doel voor oë het,
en dit is om julle te dien met die goeie nuus.
Jesus verwag dit van my.
God het heel aan die begin gesê:
“Laat daar lig wees; laat die donker verdwyn.”
Dieselfde God wat dit gesê het,
het ook op ‘n dag my lewe nuut gemaak.
Hy het met sy helder lig in my donker lewe kom skyn.
Toe het ek vir die eerste maal besef hoe groot en vol heerlikheid Hy is.
Dit het natuurlik gebeur toe ek van aangesig tot
aangesig met Jesus Christus te staan gekom het.”
So bring God lig in jou lewe, en die donkerte verdwyn.
Leonard Cohen sing: “There is a crack in everything,
that’s how the light gets in!”
God se lig kom deur my krake in my lewe in,
en verdryf die donkerte.
‘n Ander vertaling sê:
“God wat gesê het:
“Laat daar lig skyn úít die duisternis.”
Met ander woorde; God laat die lig van sy liefde úít jou lewe skyn,
om die donkerte in ander se lewens te laat verdwyn.
John Ruskin het gelewe toe straatlampe
nog in die aande aangesteek moes word.
Een aand het hy saam met ‘n vriend gekyk
hoe die lampaansteker die lampe aansteek.
Later het hulle hom net in die verte sien beweeg.
John het toe vir sy vriend gesê:
“There is what I mean by being a real Christian.
You can trace his course by the lights that he leaves burning.”
Laat ‘n spoor van lig na,
met jou lewe vir die Here!
Ernest