“Gelukkig hoef ons nie meer alles self te probeer doen nie.
Christus het ons daarvan kom vrymaak.
Hy het God se vloek wat rus op almal wat nie stiptelik doen
wat die wet vra nie, op sy eie skouers geneem.
Dit het aan die kruis gebeur.
Daar het Christus in ons plek ‘n vervloekte geword.
Die Bybel sê mos: “God vervloek elkeen wat aan ‘n houtpaal hang.”
Maar die goeie nuus is dat Christus Jesus se dood vir mense uit
ander volke die kans bied om nou ook deel te hê aan die seeëninge
wat God vroeër oor Abraham uitgestort het.
Maar dis nie al nie. Ons wat in Christus glo,
het ook die Heilige Gees ontvang,
presies net soos God ons belowe het.”
Galasiërs 3:12-14.
Wat beteken dit in die teks om “deel te hê aan die seëninge”?
Dit beteken in Galasiërs drie dinge:
Vrygemaak – van al jou bagasie.
Moenie dit verder dra of saamsleep nie.
Los dit!
Léwe – vir ewig! Gemeenskap met God vir altyd.
En dit begin nóú reeds!
Die Heilige Gees as ons Gids – jy kan nie verdwaal nie.
Hy is die volmaakte gids wat ons lei in die waarheid.
Al hierdie dinge is onverdiende genade.
Om te kry wat ons gladnie verdien nie.
Om baie meer te kry as wat jy ooit kan droom.
Leef op hierdie pad van genade,
waarin jy deel het aan al die seëninge wat God belowe het!
Ernest