“Voordat hierdie nuwe tydvak van geloof aangebreek het,
was ons almal in ‘n yslike groot tronk opgesluit.
Die wet het ons dag vir dag opgepas,
totdat hierdie wonderlike nuwe tyd van geloof aangebreek het.
Ja, soos ‘n kwaai oppasser het die wet heeltyd oor ons baasgespeel,
totdat Christus uiteindelik gekom het.
Maar nou het ons geloof ons in die regte verhouding met God gebring.
Daarom staan ons nie meer onder die baasskap van die wet nie.
Nee, nou is julle almal God se kinders,
omdat julle in Christus Jesus glo.”
Galasiërs 3:23-27.

Voor Christus, moes mense die wet hou om kinders van God te wees.
Dit was soos ‘n tronk waarin jy vasgevang is en nie kan uit nie!
Soos ‘n oppasser wat heeltyd oor jou baasspeel.
Slegs vanuit die verlossing in Christus,
sy vryspraak en regverdigmaking,
het dit alles vir ons verander!
Nou lei die Heilige Gees ons en rus ons toe,
om die wet as liefdesriglyne van God uit te leef.
Juis uit dankbaarheid vir ons verlossing in Christus!
Ons leef nie meer die wet “sodat” nie,
maar “omdat” ons nou kinders van God is!

Ernest