“’n Mens kan julle, as die Here se gemeente,
ook vergelyk met ‘n gebou wat aan God behoort.
God was baie goed vir my en het my geleer om in
julle gemeente te werk soos ‘n bouer wat sy werk ken.
Ek het die fondament stewig en goed gelê.
Ander bouers werk nou verder aan die gebou.
Elkeen war daarná bou,
moet egter doodseker maak dat hy behoorlik en reg bou.
Daar kan net op een plek gebou word,
en dit is waar ek die fondament gelê het.
Die fondament is Jesus Christus.
Geestelike bouwerk op enige ander fondament help niks.”
1 Korintiërs 3:9-11.

Wanneer die fondament van ‘n gebou nie reg is nie,
is die res van die bouwerk tevergeefs.
Daar wag dan net groot moeilikheid, op korter of langer duur.
Dieselfde geld vir ons geestelike lewe.
Paulus vergelyk dit met die bou van ‘n gebou.
Ons kan net op Jesus Christus bou.
Deur sy vergifnis, in sy krag, en in die hoop wat Hy gee.
Slegs op hierdie fondament staan ons vas en stewig,
en bou ons verder.
Hierdie fondament is reeds vir ons gelê.
Dit is stewig en goed gelê, sê Paulus.
Ons werk nou verder aan die gebou.
Nou is dit belangrik, sê Paulus:
“Elkeen wat daarna bou,
moet egter doodseker maak,
dat hy behoorlik en reg bou.”

Bou op Jesus.
Jou hele lewe.
En ook in ander se lewe.
Bou nét op Jesus Christus!

Ernest