Dit is oorweldigend! Só gróót!
God gee ons sy Gees!

“Juis heirdie Gees het God vir ons gegee.
Hy het nie sommer ‘n gewone Gees vir ons gegee,
wat niks van Hom af weet nie.
Omdat ons God se Gees in ons het,
kan ons presies begryp,
wat God so onverdiend vir ons gegee het.
Die Gees vertel ons immers daarvan.
Iemand wat die Gees in sy lewe het,
sal weet wat om van al hierdie dinge te dink.
Hy sal geestelik sensitief wees,
al sal die ongelowige mense hom nie verstaan nie.
Die Skrif sê mos: “Wie weet wat binne-in die Here omgaan,
sodat hy vir Hom kan sê wat om te doen?”
Ons wat sy Gees het, ken Jesus deur en deur.”
1 Korintiërs 2:12, 15-16.

Dit is lewensveranderend!
As jy ‘n Christen is, het jy die Heilige Gees.
Iemand het gesê die Heilige Gees het jóú.
Die Heilige Gees help ons om die dinge van God te verstaan.
Die Heilige Gees help ons om meer en meer te dink soos Jesus.
Engelse vertalings vertaal die woorde “ken Jesus deur en deur” só:
“Have the mind of Christ.”
Die Heilige Gees woon in ons,
en help ons om die “mind of Christ” te hê.
Die Heilige Gees help ons om meer en meer te dink soos Jesus,
en meer en meer te leef soos Jesus.

George Herbert het ‘n gebed-gedig met die naam “Elixir”,
wat ons help met hierdie “mind of Christ”:
“Leer my, my God en my Koning, om U in álle dinge te sien.
En wat ek doen in énige ding, te doen asof vir U.”

Leef só.

Ernest