Nog ‘n rede hoekom God sê ons moet liefde
ons heel grootste prioriteit maak,
is omdat dit vir ewig is.
“…geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.
En die grootste hiervan is die liefde.”
1 Kor. 13:13.
Die liefde laat ‘n erfenis.
Hoe jy ander mense liefhet,
is die grootste uitwerking wat jy op aarde kan hê.
Nie jou sukses, rykdom of prestasie nie.

Moeder Teresa het gese:
“dit is nie wat jy doen wat saakmaak nie,
maar hoeveel liefde jy daarin sit.”
Die liefde is die geheim van ‘n ewige erfenis.
Wysheid is om hierdie waarheid uit te leef.
“Al wat van belang is,
is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”
Galasiers 5:6.

Gee in liefde jou tyd aan verhoudings.
Wanneer jy iemand jou tyd gee,
gee jy hom ‘n kosbare stukkie van jou lewe
wat jy nooit weer gaan terugkry nie.
Jou tyd is jou lewe.
Dit is waarom jou tyd die grootste geskenk is
wat jy iemand kan gee.
Moenie glo jy het nie tyd nie!
Die wese van liefde is nie wat ek van ander dink,
of vir hulle gee nie,
maar hoeveel ek van myself gee!
Niks kan die plek daarvan inneem nie.
Liefde is om jouself te vergeet in jou fokus op ander.
Jy kan sonder liefde gee,
maar jy kan nie liefhe sonder om te gee nie.

Betoon jou liefde nóú!
Dit is prioriteit!
Moenie vir iemand sê “Gaan eers terug en kom more weer,
dan help ek jou”, as jy nou reeds kan help nie.”
Spreuke 3:27.
Jy weet nie of jy weer die geleentheid gaan hê om liefde te bewys nie!
Liefde is die beste gebruik van die lewe!
Nou is die beste tyd om lief te hê!

Ernest