Ons weet God is ons hemelse Vader.
Maar in Jesaja 66:13 praat God van homself wat ons versorg soos ‘n moeder:
“Soos ‘n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”
Klein voëltjies in ‘n nes maak eenvoudig hulle bekke oop as hulle die takkies hoor roer.
Hulle maak nie eers hulle oë oop nie.
Hulle kyk nie eers wat die roering veroorsaak nie.
Dit is die geloof wat ‘n liefdevolle moeder by haar kinders opwek.
Ons het ook as kinders geneem wat ons moeders ons gee om te eet.
Ons het hulle vertrou dat hulle ons nie skade sal aandoen nie.
Ons het hulle onvoorwaardelik vertrou.
Dit is ook die verhouding wat ons met die Here moet hê.
Hy vergelyk homself met ‘n moeder!
Hy laat ons veilig voel, soos by ‘n moeder.
God se versorging is rondom ons!
Daarom sê Psalm 37:1 dat jy jou nie moet ontstel nie.
Verse 3-4 sê:
“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
Vind jou vreugde in die Here.”
Ernest