Mens wonder hoeveel mense wat entoesiasties “Hosanna!” geskreeu het,
het op Palm-Sondag “Kruisig Hom” geskreeu.
Die mense was teleurgesteld dat Christus nie die
Romeinse regering omvergewerp het nie.
Hulle het verwag dat Hy ‘n aardse koninkryk gaan vestig.
Jesus het ook nie die mense stilgemaak toe Hy Jerusalem binnegery het nie.
Hy roep ook nie die skare op tot aksie en optrede nie.
Die mense was ontnugter en teleurgesteld omdat Hy nie hulle belange kom dien nie.
Mense het nie verstaan dat die Here in hulle harte moes heers nie.
Hulle wou bevryding van die keiser hê.
Hulle besef nie hul grootste behoefte is bevryding van hulle sonde nie!
Daarom moes Jesus eers die prys aan die kruis betaal.
Die sleutel tot sy koninkryk is nie rewolusie nie,
maar hartgrondige berou oor sonde, en bekering!
Dit het deur die eeue heen nog nie verander nie.
Mense wil steeds die Here volg om hulle van siekte te genees,
hulle teen beproewing te beskerm,
hulle te vrywaar van verlies, hulle sukses te verseker, hul eie belange te dien…
Mense skreeu nog steeds “Hosanna”….en later…”Kruisig Hom!”
Ernest