Dit het al deur die eeue twis en konflik veroorsaak.
Die vraag: “Wie het Jesus doodgemaak?”
Gedurende die Middeleeue het swak ingeligte Kruisvaarders
onderweg na Jerusalem om die stad uit die mag van die Turke
te bevry, Jode doodgemaak.
Hulle het die Jode as die moordenaars van Jesus beskou.
Maar wat sê die Bybel?
Volgens Matteus lyk dit asof die Romeine vir sy dood verantwoordelik was.
Die Romeinse goeweneur het Jesus ter dood veroordeel,
alhoewel hy Hom onskuldig verklaar het.
Tog het Petrus ‘n paar weke later in ‘n preek die Jode van Jesus
se kruisiging beskuldig, terwyl hy self ook ‘n Jood is! Hand.2:22-24.
Maar in werklikheid is ons almal skuldig!
Jesus sterf aan die kruis vir die sondes van almal! 1 Petrus 2:24.
Hy het vir elke sondaar op aarde gesterf, vir alle mense!
2 Kor. 5:15 sê:
“En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe ,
nie meer vir hulleself moet lewe nie,
maar vir hom wat vir hulle gesterf het
en uit die dood opgewek is.”
Mense wat Jesus as Verlosser aangeneem het,
redeneer nie meer oor wié Hom doodgemaak het nie.
Hulle weet elkeen in hierdie wêreld is daarvoor verantwoordelik.
Die waarheid is dat ons almal ewe skuldig is. Ewe skuldig!
Ons sondes het Hom sy lewe gekos.
Deur volkome op Hom te vertrou met jou hele lewe,
en Hom as Verlosser aan te neem, ontvang jy vergifnes,
vrede met God en die ewige lewe!
Ernest