Jesus se dood aan die kruis was plaasvervangend.
Hy, die Regverdige, sterf vir ons, die sondaars.
Hy is ons enigste hoop vir ware lewe en die ewigheid.

‘n Sterwende soldaad het geworstel met sy sonde op sy sterfbed.
‘n Vrou het by sy bed gebid, en hom begelei tot sondebelydenis en vergifnes.
‘n Verpleegster wat verbygeloop het, het hom bemoedig.
Sy het gesê iemand wat vir sy land sterf,
hoef nie bekommerd te wees oor sy sonde nie.
Die soldaat het geantwoord:
“Nee! Dit is nie so nie. Op die slagveld het ek alles gegee,
alles gegee vir my land en my gesin en medesoldate,
en ek kon steeds nie voor God staan nie!
Ek het gewéét ek is nie gereed om te sterf nie!
Nou wéét ek dat ek gereed is om te sterf.
Ek besef nou net Hy kan my red!
Jesus het my vrygemaak van my skuld.
Ek is vergewe en kan nou sterf”.

Die verpleegster het goed bedoel.
Sy wou die soldaat help in sy sterwensuur.
Sy het egter uit onkunde gepraat.
Wanneer iemand verdrink help dit nie om bemoedigende woorde
van die kant af uit te roep om hom te red nie.
Hy het ‘n redder nodig.
Iemand wat na hom sal uitreik,
hom sal vasgryp, en hom na veiligheid bring.

Die Bybel sê dit is wat Jesus kom doen het.
“Die Seun van die mens het immers gekom
om te soek en te red wat verlore is.” Lukas 19:10.
Soos die soldaat dit in die aangesig van die dood besef het,
so moet ons dit besef en onsself aan die Redder toevertrou.
Geen goeie daad vir enige goeie saak of vir enige mens, kan ons red nie.

Jesus red!

Ernest