Waarom bly ons Jesus steeds verraai…?
Vandag kan ons terugkyk na die kruis op Goeie Vrydag.
Ons kan met ‘n ander perspektief kyk as hulle wat Hom gekruisig het.
En tog verraai ons dikwels die Here.
Ons bly stil wanneer ons moet praat.
Ons optrede lei weg van die Here af, eerder as na Hom toe.
Ons praat oor mense waarvoor Hy gesterf het met minagting.
Mens bly onwillekeurig terugdink aan hoe Judas Jesus verraai het.
Matteus 26:49 sê:
“Hy het toe direk na Jesus toe gekom en gesê:
“Gegroet, Rabbi!” Toe soengroet hy Hom.”
Judas het Jesus met ‘n soen verraai.
Michael Card se liedjie “Why?” laat jou diep dink:
“Waarom was dit ‘n vriend
Wat gekies het om die Here te verraai?
Waarom het hy ‘n soen gebruik
Dit is nie waarvoor ‘n soen is nie.
Net ‘n vriend kan ‘n vriend verraai
‘n Vreemdeling sal geen baat daarby vind nie.
Net ‘n vriend kom naby genoeg
Om soveel pyn te veroorsaak.”
Doen ons dit nie nog steeds nie?
Wanneer ons vandag terugkyk op die kruis,
laat dit ons diep dink oor óns lewe na die kruis.
King Duncan het gesê:
“A kiss from a disciple to a rabbi would simply be a sign of respect.
That kiss has become notorious, however,
because a sign of affection and honor was given,
with complete opposite intentions.”
Op ‘n keer is aan die predikant Joseph Parker gevra:
“How do you account for the fact that Jesus chose Judas to be a disciple?”
Parker het geantwoord:
“I have a greater problem than this.
I do not know why Jesus chose Judas.
But a bigger problem to me,
is why did Jesus chose Joseph Parker.”
Judas se verhaal is mý verhaal.
Ons verraai ook die Here.
Ons wil ook die Here vir ander doeleindes gebruik,
as waarvoor Hy gekom het, nes Judas.
Ons dink ook dikwels anders oor Jesus as wie Hy is.
Wat ons van Jesus dink, bepaal ons optrede en ons keuses,
elke oomblik van ons lewe.
Bepaal of ons Jesus verraai of nie….
Ernest