Die dag na Paasfees kon die koerantberigte dalk só lees:
“Die hele wêreld vereer die opgestane Jesus Christus!”
Op dieselfde bladsy is daar egter berigte oor oorlog,
dood, rassekonflik, en misdaad.
Wat ‘n teenstelling.
Die hoofnuus is die Opstanding van die Here.
Maar die res van die koerant vertel hoe mense die
genade en die seën van die opstanding ignoreer.
Skynbaar verstaan die miljoene mense wat met Paasfees
na die kerke stroom nie die betekenis van die opstanding nie.
Ons kan besig wees met die uiterlike handelinge,
maar ons leef nie die betekenis daarvan uit in die praktyk van die lewe nie.
In Romeine 6:4 sê Paulus dat ons met Christus gekruisig is,
en gesterf het, wat ons sonde aanbetref.
Maar ons het ook opgestaan saam met Christus om as nuwe mense te leef.
Daarom is die opstandingslewe ‘n totaal nuwe manier van lewe.
Kol. 3:1-2 sê:
“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is….
rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is,
nie op die dinge wat op die aarde is nie.”
Leef die opstandingslewe!
Ernest