1 Kor. 15:20 sê:
“Maar nou, Christus is opgewek uit die dood,
as eersteling uit dié wat gesterf het.”
Om te verstaan waarvan Paulus hier praat,
moet ons teruggaan na Levitikus.
Daar het die Israeliete die opdrag gekry om
die eersteling van hulle opbrengs aan die Here te wy.
Met hierdie simboliese handeling moes hulle wys
dat die res van die oes ook aan God behoort.
Die eersteling verteenwoordig dus die hele oes.
Nou noem Paulus vir Christus die “eersteling uit die dood”.
Dit is omdat Hy die heel eerste persoon was wat God
uit die dood laat opstaan het tot die ewige lewe.
Jesus het daarmee die deur vir ons oopgemaak.
Nou kan ons seker wees dat God ons ook so uit die dood sal opwek.
Maar dit is nie al nie.
Omdat Jesus daarna opgevaar het na die hemel,
kan ons seker wees dat ons ook na God toe sal gaan.
Daarom is dit vir ons die waarborg, dat Jesus nou in die hemel is.
Hierdie waarborg verseker ons dat
die opstanding uit die dood regtig die werklikheid is.
Dit waarborg ons dat God sy belofte nakom.
Hy sal ons ook uit die dood laat opstaan, en na Hom toe laat gaan.
Ernest