Glo steeds in God, onvoorwaardelik.
Al ondervind jy die grootste probleme,
al loop jou planne totaal skeef.
Onthou dat God self in jou lewe werksaam is.
Hou vas aan die belofte van Filippense 1:6:
“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God,
wat die goeie werk in julle begin het,
dit end-uit sal voer en dit sal voleindig
op die dag wanneer Christus Jesus kom”.
God is besig in jou lewe.
Jy sien dit dalk nie gebeur wanneer jy met jou natuurlike oë kyk nie,
maar jy moet glo dat God in jou lewe aan die werk is.
Glo dat God jou seën, dat jy in Hom oorwinnaar is,
en sterk is in die Here se krag.
Glo dat God groter dinge vir jou wil gee en doen as wat jy dink.
God wil jou ‘n lewe gee van liefde, vreugde, vrede, vervulling.
Dit beteken nie dit sal altyd maklik wees nie.
Dit beteken wel dit sal altyd goed wees.
God laat alles ten geode meewerk vir die wat Hom liefhet.
Glo God onvoorwaardelik hiervoor, want dit staan in Romeine 8:28.
Moenie toelaat dat ontmoediging of enige terugslae
jou verhoed om te glo wat God oor jou sê nie.
Glo steeds in God, onvoorwaardelik!
Ernest