Jesus bid dat Jesus-volgelinge heilig moet wees.
Hy bid ook dat hulle deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid sal lewe.
Johannes 17:15-17:
“Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie,
maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar.
Hulle behoort nie aan die wêreld nie,
net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie.
Laat hulle vir U geheilig wees deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid.”

Heilig beteken ook om uit te staan.
Jou optrede as volgeling van Jesus is anders as die van die wêreld.
Ander waardes, keuses, ideale, en ander manier van lewe.
Pous Johannes XIII het gesê:
“As ons leef soos ware Christene, sal daar nie heidene wees nie.”

In “Resident Aliens” vertel William H. Willimon en Stanley Hauerwas
van ‘n rabbi in Suid-Carolina wat die waardes van die samelewing
uitgedaag het deur altyd vir sy kinders te sê:
“That’s fine for everyone else, but it’s not fine for you.
You are special. You are different.
You have a different story. A different set of values.”
Brueggemann het gesê:
“If you forget your story, you lose your identity,
and then you lose your destiny.”

Dit geld ook van ons as volgelinge van Jesus.
Daarom bid Jesus dat ons geheilig sal wees,
deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid sal lewe.
Dit kan ons net wees deur die Woord van die Here te lewe.
“God’s word is the carpet rolled out toward us,
so that we can walk along it to the Father’s throne.” – Anoniem.

Jesus bid nie dat ons uit die wêreld geneem moet word nie.
Hy bid dat ons in die wêreld geheilig sal lewe.
Met ‘n hegte verbintenis aan die waarheid.
Ons vlug nie weg nie.
Ons trek nie terug nie.
Ons leef oorwinnend in hierdie onderstebo,
deurmekaar, en wilde wêreld.
Heg verbind aan die waarheid,
staan ons uit vir die Here!
Jesus bid dit vir ons!!

Ernest