In Matteus 12:33-34 sê Jesus:
“’n Boom word aan sy vrugte geken.
‘n Goeie boom kan nie anders as om goeie vrugte te dra nie.
En ‘n slegte boom kan nie anders as om slegte vrugte te dra nie.
Julle nes van adders! Julle is sleg.
Daarom is dit vir julle onmoontlik om goeie dinge te praat.
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

Aan ‘n suurlemoenboom kry jy suurlemoene,
en aan ‘n perskeboom perskes.
Dit werk nie anders nie.
Volgens Jesus kan mense op grond van jou woorde aflei wat in jou hart aangaan.
Dit maak nie saak wat jy voorgee om te wees nie.
Jou woorde verklap wat regtig in jou lewe aangaan.
Dit vertel hoe ernstig jy is om die wil van die Here uit te leef.
Jou karakter kan geken word uit jou woorde.

Dink twee keer voor jy praat en laat daar net goeie vrug uit jou mond kom.
Winston Churchill het gesê:
“By swallowing evil words unsaid, no one has ever harmed his stomach.”
Johannes Calvyn het al in die 16e eeu iets soortgelyk gesê:
“Ek beskou die losheid van die tong as ‘n groter probleem as die losheid van die maag.”
Moet nooit die krag van jou woorde onderskat nie.
Negatief en positief.
Woorde kan mense vernietig of bou.

Watter soort woorde kom uit jou mond?
Dit verklap hoe jou hart lyk, al doen jy wat…
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

Ernest