Die skepping is nie net meer kompleks as wat ons dink nie.
Dit is meer kompleks as wat ons ooit kan dink!
En dan sê die Bybel hieroor in Psalm 104:24:
“U het baie dinge geskep, Here,
die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog,
U het alles in wysheid geskep.”

 

Die bekende wetenskaplike, Newton, het al gesê:
“Die handtekening van wysheid, gedruk op God se werke,
bevestig sy grootheid en heerlikheid.”

 

William Jennings Bryan het gevind dat byna 5000 sade
van ‘n waatlemoen een pond gewig maak.
Tog plant jy net een van hierdie saadjies in die grond,
en dit lewer omtrent 200 000 maal sy eie gewig!
Voedsel word deur die klein stammetjie geforseer,
en ‘n waatlemoen word gevorm.
Groen skil, wit vleis, en rooi sappige smaaklike kern.
En in die waatlemoen baie sade, met elk hierdie selfde potensiaal!

 

Wie is die argitek hiervan?
Waar het die saad van die waatlemoen sy potensiaal gekry?
Waarvandaan kom die geur, en die helderrooi kleur?
God toon hiermee sy wysheid en krag.

 

Wanneer ons die wondere van God se skeppingswerk sien,
soos in een enkele waatlemoen,
staan ons verstom voor ons Skepper!
Ons kan net in aanbidding buig en saam met Psalm 104:24 sê:
“U het alles in wysheid geskep.”

 

Ernest