Ja! Dit is so! Die Heilige Gees bid!
Romeine 8:26:
“Intussen het God sy Gees aan ons gegee,
om ons in ons swakhede te help.
Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag wee twat ons moet bid nie.
Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons.”
Dikwels lê die diepste vorm van gebed nie in praat nie.
Dit lê in doodgewoon stil wees by die Here.
Die punt waar ons niks het om te sê nie,
en net oorgee en luister.
Dit is wonderlik om te weet dat God ons help om te bid.
Die Heilige Gees weet ook presies wat om vir ons te bid.
Dit bly ‘n misterie dat God sy Gees gee om in ons vir ons te bid.
Dikwels weet ons nie hoe om te bid nie, of wat om te vra nie.
Ander kere kan ons nie eers ‘n woord uitkry nie.
Of ons wil nie eers bid nie!
Ons vergeet selfs om te bid.
In dit alles kom die Vader ons tegemoet in sy liefde en genade.
Hy ken al ons gebedsprobleme.
Wanneer jy sukkel om te bid, onthou dat die Gees vir jou intree.
Raak net stil in die teenwoordigheid van die Here, en gee oor….
Ernest