Die Here is nie die plekkie waar jy tyd het
om Hom in jou besige lewe in te pas nie.
Die Here is nie beperk tot jou stiltetyd,
of die erediens op Sondag,
of jou getuienis vir Hom hier en daar nie.
Moenie probeer om God by jou besige lewe in te pas nie.
Die Here is jou hele lewe!
Die Here het te doen met jou hele lewe.
Elke oomblik daarvan.
Ook wanneer jy alleen is en niemand jou sien nie.
God wil jou hele lewe wees.
Psalm 16:5 sê:
“Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang kom alles van U af.”
Maar die Here vra inderdaad ook afsondering vir Hom en saam met Hom.
Om doelbewus sy aangesig en sy wil vir jou lewe te soek.
Jesus sê ook in Johannes 5:30:
“Ek kan uit Myself niks doen nie.
Soos Ek hoor, oordeel Ek:
En My oordeel is regverdig omdat Ek nie my wil soek nie,
maar die wil van die Vader wat My gestuur het.”
Jesus doen niks uit Homself nie,
maar vra deurgaans na die Vader se wil.
God wil alleen tyd met ons deurbring en ons lei deur sy Gees.
Hy wil hê dat ons die volheid ontdek wat Hy vir ons beplan,
en daarin, en daaruit gaan lewe!
Dit is nie ons wat God êrens in ons besige program inpas nie.
Genadiglik pas Hy ons in in sy plan!
Inderdaad!
Die Here is my hele lewe!
Ernest