Ons wil graag hê ons lewens moet iets “tel”.
Van waarde wees voor mense en vir mense.
Lewens wat ‘n verskil maak.
Die wêreld se seining van ‘n lewe wat saakmaak en “tel”,
verskil van dit wat vir God belangrik is.
Die dissipels stry byvoorbeeld oor wie die ereplek langs Jesus moes kry.
Toe roep Hy hulle bymekaar en sê vir hulle:
“Julle weet mos hoe dit in die wêreld gaan:
Politici en mense in magsposisies,
speel heeltyd baas oor al hul onderdane….
As een van julle in God se oë belangrik wil wees,
moet hy bereid wees om ander te dien.”
Om by God “in tel te wees”, moet ons Hom en ander mense dien!
Jesus praat nie net hieroor nie, maar kom doen dit met sy hele lewe!
Filippense 2:6:
“Jesus staan in status op gelyke voet met God.
Hy was egter nie so vol van Homself
dat Hy tot elke prys aan die status wou vasklou nie….
Hy het ‘n mens tussen mense geword.”
God se koninkryk lyk so anders as die wêreld se waardes.
As jy meer wil hê, géé!
As jy eerste wil wees, staan laaste in die ry!
As jy in God se oë ‘n verskil wil maak, díén!
Ernest