Jackson Brown het gesê:
“As jy ‘n berg moet uitklim,
moenie dink dat uitstel dit kleiner sal laat word nie.”

Ons stel so maklik uit.
Nog erger, ons stel die belangrikste uit,
en hou ons besig met die onbenullige.
Stel eerder uit tot môre, wat jy in elk geval nié behoort te doen nie.
Maar moenie die belangrike uitstel wat jy moet doen nie!

Moenie tyd aan verhoudingsbou uitstel nie.
Ook nie vergifnis en vrede maak nie.
Nog minder om regtig liefde te betoon nie.
Of koffie saam met ‘n vriend nie.
Of enige iemand op jou pad te dien nie.
Of die Evangelie met iemand te deel nie.
Of iets aan die lewe terug te gee nie.
Wees sensitief vir wat die Gees sê jy vandag moet doen!

Jakobus 4:14 sê ons weet nie hoe ons lewe môre gaan wees nie!
Doen dit vandag!
Die Woord van God beklemtoon baie dikwels die woord “vandag”!

Martin Luther het gesê:
“As God sê: “Vandag”, sê die duiwel “Môre”.

Ernest