Iemand het gesê:
“Gee uit die bodem van jou hart,
nie uit die boonste laag van jou beursie nie.”

Om op te offer.
Om weg te gee.
Sonder om iets terug te verlang.
Dit is vrygewigheid.

Aardse sekuriteit maak jou nie gelukkig nie.
Die meeste mense neem ‘n leeftyd om dit te ontdek.
Jesus het ons al die teendeel geleer.
Hoekom leer ons so moeilik?
Ons leef van genadebrood.
Lewende fonteinwater, verniet.
Soos bedelaars voor die Almagtige.
En tog in oorvloed geseënd!

1 Timoteus 6:8 sê ons moet al tevrede wees met kos en klere.
Dit beklemtoon eenvoud voor die Here.
Om nie slagoffers te raak van die gejaag na wind nie.
Vrede kom nie met die dinge wat jy op jou naam het nie.
Vrede en rykdom kom in dit wat jy weggee.
En die grootste gee is om jouself te gee.

Om te belê, is om in die Here se Naam te gee!
Die wonder is dat hulle wat die meeste gee,
ook die meeste oor het!

Ernest