Dietrich Bonhoeffer het gesê:
“Redding deur Christus is gratis,
maar dissipelskap gaan jou jou lewe kos!”

Mense sê maklik hulle sal die Here volg,
sonder om die koste te bereken.
In Matteus 8:19 sê ‘n Skrifkenner vir die Here:
“Leermeester, ek sal U volg, maak nie saak waarheen U gaan nie.”
Sal jy dit doen?
Regtig?
Ons moet mooi dink.

Maak seker of jy regtig verstaan wat dit van jou vra.
‘n Keuse wat niks gee, niks kos, en niks van jou vra nie,
is niks werd nie.

Om jou lewe vir die Here te gee,
is nie net ‘n eenmalige hoogtepunt oomblik nie.
Dit is om dag vir dag, en tree vir tree, vir Jesus te volg, waar Hý gaan.
En nie net waar dit noodwendig vir jou gemaklik is om te wees nie!

Ernest