Die koninkryk van God word nie verkry met verdienste nie.
Lees gerus Matteus 20 hieroor.
Die eienaar van ‘n wingerd huur verskillende
mense op verskillende tye van die dag.
Hy betaal aan die einde van die dag almal ewe veel,
ongeag of hulle korter gewerk het.
Wanneer die wat langer gewerk het kla,
oor die wat korter gewerk het dieselfde betaling kry,
dan antwoord die eienaar in die gelykenis:
“Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie.
Het jy nie met my ooreengekom oor die gewone dagloon nie?
Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.
Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie?
Of is jy afgunstig omdat ek goed is?
So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.”

So werk dit ook met God se genade in sy koninkryk.
Ons staan nie eerste of laaste in die ry,
om God se genade te ontvang nie.
God se genade is onbeperk vir ons almal.
God werk nie met eerstes en laastes nie.
Genade is juis genade.
Onbeperk vir almal!
Ons staan nie in ‘n ry daarvoor nie.
Almal is vir God ewe belangrik en spesiaal.

Ons kan niks doen om te maak dat God ons meer liefhet nie.
God het ons onvoorwaardelik lief.
Tot die uiterste toe.
Gaan leef dankbaar uit God se genade vir jou!

Ernest