Gelowiges is nie “hoogheilig” nie.
Gelowiges is nie perfeksioniste nie.
Hulle is gewoon mense wat gehoorsaam aan God wil lewe.
Die wêreld wil die etiket van “hoogheilig” om Christene se nekke hang.
Dan is dit maklik vir die wêreld om Christene te veroordeel.
‘n Heilige is nie ‘n mens sonder foute nie,
maar een wie se lewe volledig oorgegee is aan God.
Charles Elliot sê hieroor:
“God verwag nie van ons om heiliges te word voordat Hy ons kan gebruik nie.
Hy gebruik ons net soos ons is, en heilig ons in dié verhouding met Hom.”
‘n Heilige is nie iemand wat beter is as ‘n ander nie.
Dit is net iemand wat die goedheid en liefde van God beter leer verstaan.
Iemand wat die genade, en liefde, en vergifnes van God ontdek het.
Moeder Teresa het gesê heiliges is hulle wat God se wil met ‘n glimlag doen…
Iemand wat voluit in die gewone lewe staan,
maar so losgemaak is van selfbelang,
dat jy in staat is om ‘n stukkie van die ewige lewe
te verpersoonlik en uit te leef.
‘n Heilige lewe is nie die weg na Christus toe nie.
Om Christus te ken, is die weg na ‘n heilige lewe.
Daarom kan jy dit inderdaad uitleef, waar jy ookal leef.
‘n Mens kan net so maklik ‘n heilige wees in ‘n klooster,
as in ‘n fabriek of ‘n kantoor.
Daar is in die een net soveel behoefte aan heilige lewens as in die ander!
1 Tessalonisense 4:3:
“Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe.”
Ernest