Jy is nie ‘n supermens nie, en jy hoef ook nie een te wees nie.
Jy hoef nie die hele wêreld op jou skouers te dra nie.
Jy hoef nie alles vir almal te wees nie.
Wees net daar vir een mens op ‘n slag,
soos hulle jou pad kruis.

 

Jy hoef ook nie die hele wêreld te verander nie.
Jy kan nie alleen oral ‘n verskil maak nie.

 

Verlig vandag een mens se nood.
Bid vir een of twee by die naam.
Behandel daardie een of twee persone langs jou
asof hulle die belangrikste op aarde is.
Deel die genade van die Here met die persoon wat nou by jou is,
of netnou daar gaan wees.

 

Jesus sê in Matt. 25 dat in soverre ons vir een van die geringstes
van sy broers of susters omgegee het,
ons dit ook aan Hom gedoen het,
of nié gedoen het nie.
“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes
nié gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” Vers 45.

 

Jesus sluit hiermee in, mense soos siekes, eensames,
hongeriges, gevangenis, vreemdelinge, naaktes….
Hy assosieer met mense wat nie aldag naby ons gesien word nie.
Hy reik uit na hulle toe!

 

Boonop sê Jesus in Matt. 25 dat sy heel laaste vraag op die laaste dag
nie sal wees of ons in Hom geglo het nie.
Dit is die tweede laaste vraag!
Sy heel laaste vraag is hoe ons die geringstes behandel het!
Dit is ons finale getuienis.

 

Ernest