Die werk van die Heilige Gees in jou,
word nie in een dag afgehandel nie.
En juis “om hierdie rede word ons nie moedeloos nie.
Al is ons uiterlik besig om te vergaan,
innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.”
2 Kor. 4:16.

Die Heilige Gees herstel jou om te wees
soos God jou oorspronklik bedoel het.
Om soos Jesus te leef.
So beantwoord jy al hoe meer aan God se bedoeling vir jou lewe.

Die werk van die Heilige Gees word nie in een dag in jou lewe afgehandel nie.
Dit is ‘n proses wat jou lewe lank duur.
God se Gees wil elke tree van die lewenspad met jou stap.
Hy wil jou begelei in jou stryd teen die ou mens in jou.
Hy wil jou vorm, jou help om die regte keuses te maak.
Hy wil met jou besig bly ten opsigte van letterlik alles in jou lewe.
So vernuwe Hy jou van dag tot dag.

Paulus sê net ‘n bietjie vroeër in die teks in vers 7
dat ons lewe so broos is soos ‘n kleipot,
‘n kleipot wat enige oomblik kan breek.
Tog troos die gedagte hom dat die Gees van God die hele tyd met ons besig bly!
Van dag tot dag vernuwe die Gees ons innerlik!

Ernest