Dit is erg om ons met rotte te vergelyk.
Maar hier is iets belangrik…
‘n Paar jaar gelede het hulle ‘n “uithou”- eksperiment gedoen.
Hulle het dit met Noorweegse veldrotte
by die Universiteit van Kalifornië in Berkeley gedoen.
Die rotte is in ‘n tenk vol water gesit.
Hulle is gedwing om te swem en swem,
totdat hulle so uitgeput was dat hulle uiteindelik versuip het.
Die navorsers het bevind dat hulle gemiddeld so sewe ure uitgehou het.
Tydens ‘n tweede eksperiment was daar net een uitsondering.
Wanneer ‘n rot totaal uitgeput was,
is hy vir ‘n paar sekondes uit die water gehaal.
Dan is hy weer teruggesit om verder te swem.
Hierdie rotte kon amper twintig uur langer swem!
Die navorsers het bevind die rotte in die tweede groep
kon langer swem omdat hulle “hoop” gehad het!
Hulle het elke nou en dan redding ervaar!
Wat hulle laat aanhou swem het,
was die hoop dat hulle weer gered sal word.
Mense is nie veel anders nie….
Sonder hoop kan ons nie uithou nie.
Met hoop kan ons uithou en aanhou!
Dit gee ons rede om te lewe!
Thomas Pettepiece het gesê:
“When there is no hope, there is no life.
Without hope we give up.
We lose our will to fight. To trust. To live.”
1 Petrus 3:15 stel ons as gelowiges aan,
om mense van hoop te wees!
“Wees altyd bereid om ‘n antwoord te gee,
oor die hoop wat in julle lewe.”
Ernest