Luister wat sê Paulus oor jou liggaam in terme van die seksuele.
1 Kor. 6:15 en 18-20:
“Besef julle nie dat julle liggaam vir Jesus soos sy eie is nie?
Sal ek dan die liggaam wat vir Jesus soos sy eie is,
vat en by allerhande slegte vroue daarmee gaan slaap?
Nooit aste nimmer nie.
Maak dat julle wegkom van verkeerde seksuele dinge af.
Bly daarvan weg.
Het julle dan vergeet,
dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is?
Die Gees bly mos in julle;
God self het die Gees vir julle gegee.
Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie,
en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie.
Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak.”
Die verbintenis van ‘n huwelik,
is die plek waar die seksuele kan blom soos God dit bedoel.
Die seksuele is ‘n heilige gawe van God.
Hanteer dit só.
Een van die heel mooiste verduidelikings hieroor,
is verse 16-18 se vertaling van The Message:
“There is more to sex than mere skin on skin.
Sex is as much spiritual mystery as physical fact.
As written in Scripture, “The two become one”.
Since we want to become spiritually one with the Master,
we must not pursue the kind of sex that avoids commitment and intimacy,
leaving us more lonely than ever –
the kind of sex that never “become one”.
There is a sence in which sexual sins are different from all others.
In sexual sin we violate the sacredness of our own bodies,
these bodies that were made for God-given and God-modeled love,
for “becoming one” with another.”
Lees dit weer rustig deur, en weer…
En onthou:
Besef dat jou liggaam vir Jesus soos sy eie is.
Jou liggaam is die blyplek van die Heilige Gees.
Ernest