“Julle weet mos hoe suurdeeg werk.
‘n Mens sit ‘n klein stukkie suurdeeg in ‘n groot bak deeg,
en dan trek daardie bietjie suurdeeg deur al die deeg en laat dit mooi rys.
So is dit met sonde.
‘n Klien bietjie sonde in die gemeente krap die hele gemeente deurmekaar.
Raak asseblief ontslae van al die verkeerde dinge,
wat in die gemeente soos suurdeeg werk.
Snuffel elke sonde uit en gooi dit uit die gemeente uit.
Laat ons dan die fees hou.
Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge,
waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie.
Al wat vir die gemeente moet oorbly,
is om skoon te leef en te doen wat reg is.”
1 Kor.5:6-8.
Met sonde moet daar gou klaargespeel word!
Bely dit voor God en breek daarmee.
Anders werk dit soos suurdeeg!
‘n Klein bietjie suurdeeg neem ‘n groot stuk deeg oor,
en voor jy jou kom kry, laat dit die hele deeg rys.
Sonde werk net so.
As jy nie iets daaraan doen nie, neem dit jou lewe oor.
Handel dringend daarmee.
God wil dit vergewe.
Luister na Eugene Peterson se perspektief:
“Holiness is the quality in God that cares about our sin,
and the capacity in Him to do something about it.
When sinners worship a God of holiness,
they are lifted to His level.”
Ons vergeefde sonde bly ‘n herinnering in ons lewe
dat daar tye was wat ons nie die Here wou toelaat
om ons op te tel na Sy vlak van heiligheid nie.
Hoe kan ons so ‘n onnoselheid toelaat,
om soos suurdeeg in ons lewe te werk?!
Ernest