Job se tweede vriend, Bildad, tree nou ook toe tot Job se stryd met God.
Hy het die antwoord op Job se “eintlike” probleem.
Bildad meen Job het vergeet dat God altyd mense terugkry vir hulle sondes.
Daarom dat Job se kinders nou dood is.

So gaan dit met mense wat God vergeet, Job 8:13.
Dit is baie erg!
Om te dink Bildad se “troos” aan Job is
om Job se kinders se dood as straf aan te dui.

Bildad is nog nie klaar met sy slim verklarings nie.
Hy sê ook as Job sy sondes bely, en tot inkeer kom,
God hom weer sal terugneem in sy sorg! Job 8:6
So eenvoudig soos dit.
Job moet net sy sonde los, dan is alles weer reg.
Job reageer hewig in Job 9.
Hoe kan Bildad sulke wrede simplistiese antwoorde hê?

Ons moet hieruit besef:
Ons is nie selfaangestelde verdedigers van God,
wat namens God antwoorde aan almal verskuldig is nie.
Ons kan nie God verklaar, verdedig, en verduidelik nie!

Ons moet God eenvoudig liefhê, vertrou, en dien.
God wil hê da tons ten opsigte van mekaar,
as vriende, mekaar liefdevol bystaan.
Ons moet mekaar se laste dra.
Ons moenie dwase antwoorde en goedkoop troos uitdeel nie.
Dan is ons die sogenaamde “Jobstroosters”.

Ernest