Iemand het eenkeer gevra:
“Aard jy meer na jou aardse pa, of na jou hemelse Pa?”
Dit laat ‘n mens dink…

God se doel met jou lewe is die ontwikkeling van jou karakter,
en nie jou eie voorspoed en gerief nie.
“Nee, God het ons gemaak wat ons nou is:
in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy
aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Ef. 2:10.

Om soos Christus te word beteken dat jou karakter verander,
en nie jou persoonlikheid nie.
Nadat die sonde God se beeld in ons verwoes het,
het God dit nie daar gelaat nie.
In Christus kom verlos Hy ons van ons sondige karakter.
En ons word opgeroep om meer en meer die karakter van Jesus te vertoon.
Die Bybel noem hierdie proses van geestelike groei “heiligmaking”. Heb. 12:14.

Dit is ‘n lewenslange proses onder leiding van die Heilige Gees.
Daar is geen kortpaaie of kitsoplossings nie.
Wanneer jy dit vergeet, gaan moeilike omstandighede jou frustreer,
en jou moedeloos maak.
Jy kan selfs in opstand kom en vra hoekom dit met jou gebeur?
Of hoekom God dit toelaat?

God help jou om jou karakter te laat groei. Hoe?
Sy Woord as die waarheid voed jou karakter as Christen.
God gee gebed sodat jy oor enige iets met Hom kan praat.
God gee ook mense om jou te ondersteun.
Ons verwag dat God deur wonderwerke moet werk,
terwyl hy juis deur die Woord, gebed, en ander mense met ons werk.

Laat toe dat die Heilige Gees, deur bogenoemde,
jou vorm om meer te word wie jy reeds in Christus is!

Ernest