Matt. 14:19-20:
“Daarna neem Hy die vyf brode en die twee visse,
kyk op na die hemel en vra God om die kos te seën.
Toe breek Hy die brood in stukke, gee dit aan sy dissipels,
en sy dissipels weer aan die skare.
Almal het geëet totdat hulle versadig was.
Van die oorskiet het hulle nog twaalf mandjies vol opgetel.”

Jesus demonstreer hier hoe die ganse wêreld
vol van God se oorvloed is!
As ons dan in hierdie oorvloed wêreld leef,
Gód se oorvloed wêreld,
waar alles in elk geval aan God behoort,
hoekom is daar soveel mense wat tekort skiet en honger ly?

Is dit nie omdat ons nié bereid is om ons bietjie,
vyf brode en twee visse,
vir Jesus te gee,
sodat dit baie in sý hand kan word nie?!

Iemand het geskryf:
“We have a God who not only cares about our needs,
but is capable of meeting those needs.
I can’t! God can! I’ll let him!”

Die wêreld is vol van God se oorvloed.
Jy deel daarin.
Deel dit ook met ander.
Gee jou vyf brode en twee visse.
Dit word oneindig baie in God se hand!

Ernest