Baie mense wil eers glo deur wonders en tekens.
So het ook die Farisiërs en Sadduseërs in Matt. 16:1-4
vir Jesus gevra om vir hulle as teken
uit die hemel ‘n wonder te doen.
Hy antwoord hulle dat hulle na die tekens in die lug kyk,
en op grond daarvan die weer voorspel,
maar die tekens van die tye kan hulle nie onderskei nie.
Jesus sê dan in Matt. 16:4:
“’n Slegte en afvallige geslag wil ‘n teken hê,
en geen teken sal aan hulle gegee word nie,
behalwe die teken van Jona.”

Wat is die teken van Jona?
God se genade wat mense verander is die teken van Jona!
Onthou hoe God se genade die mense van Nineve verander het!
God is die God van tweede kanse.
Van genade!

Jesus is die lewende teken daarvan.
Die Fariseërs vra vir wondertekens.
Maar die genade-teken, Jesus Christus,
staan voor hulle, en hulle mis Hom.
Vandag nog mis baie die Here Jesus.
Hy staan voor ons, maar ons wil tekens en wonders sien.

Óf jy glo in ‘n God wat tweede kanse gee,
word gesien in die feit of jy self vir mense wat jou seergemaak het,
of in die steek gelaat het, ‘n tweede kans gee.
Met ander woorde, of jy ook vergewe…

Ernest