Die Bybel is vol verborge skatte.
Dit is nie betekenisse “agter” tekste,
wat nou die “eintlike” betekenis is nie.
Die Bybel probeer nooit die “eintlike betekenis” wegsteek nie!
Nee, hierdie verborge skatte is die dele in die Bybel wat ons nooit lees nie.
Daar is baie Bybelgedeeltes wat ons nooit lees nie,
omdat ons dink dit het nie meet iets vir vandag te sê nie.
Ons maak die grootste fout!
2 Tim. 3:16 sê tog:
“Die hele skrif is deur God geïnspireer, en het groot waarde…”
Die hele Skrif!
Elke bladsy van die Bybel is deur God
aan ons gegee en het groot waarde.
Kyk net na verborge skatte in Levitikus 19:
Verse 9, 10 en 14 sê hoe om vir die armes en gestremdes te sorg,
sonder om hulle te verneder.
Los die wenakkers se oes vir hulle.
Moet ook nie die are wat bly lê agterna optel nie.
Moet ook nie die wingerd ‘n tweede keer oes,
of die korrels wat val optel nie.
Laat dit vir die armes.
Moenie ‘n hindernis in die pad van ‘n blinde lê nie.
Verse 11, 13 en 15 sê hoe ons besigheid op ‘n eerlike manier moet bestuur.
Moenie van mekaar steel of mekaar lieg en bedrieg nie.
Moenie uitbuit of ‘n dagloner se loon terughou nie.
Moenie onregverdig of partydig wees nie.
Moenie ‘n vooraanstaande bevoordeel bo die ander nie.
Vers 12 sê hoe ons respek vir die Here in die daaglikse lewe moet betoon.
Moenie ‘n valse eed in die Here se Naam aflê nie.
Moenie die Naam van die Here ontheilig nie.
Verborge skatte in die Woord!
Lees die hele Bybel.
Elke woord en paragraaf is met ‘n doel daar.
Elke deel wat jy nie lees nie, is vol verborge skatte vir jou!
Ernest