“Bedaar en erken dat Ek God is,
hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.”
Psalm 46:11.
Hierdie woorde is reeds eeue terug in die tempel in Jerusalem gesing!
Dit herinner ons aan ons belangrikste roeping op aarde:
Om ons ontsagwekkende God te eer en te verheerlik!
Dink na oor al God se wonderlike eienskappe:
Verhoog Hom want Hy is getrou, ewig, alwetend,
regverdig, onveranderlik, genadig, heilig,
verdraagsaam, onpartydig, en ewig.
Hy is volmaak.
Verhoog Hom ook omdat Hy almagtig is.
Persoonlik, regverdig, onveranderlik, wys.
Hy is die Drie-enige-God!
Dank Hom omdat Hy toeganklik is.
Dank Hom omdat Hy liefde en deernis aan ons betoon.
Dink na oor die name van God:
Aanbid Hom want Hy is Skepper. Hy is Liefde.
Hy is Verlosser. Hy is Redder, Here, en Vader.
Hy is Herder, Regter, maar ook Trooster.
Hy is die groot EK-IS!
Oordink ook Wie Hy regtig is:
Hy is ons Skild, ons Skuilplek, ons Lig.
Ons Krag, ons Onderhouer, ons Helper.
By Hom alleen is ons veilig.
Oordink al bogenoemde.
Daar is selfs nog soveel meer!
Aanbid Hom!!
Eer Hom!!
Leef die res van jou lewe in voorbereiding,
om Hom uiteindelik volkome te ontmoet!
Ernest