Hoog in die berge, naby Boise in Idaho, bly ‘n klein gemeenskappie.
Hulle lewe in ‘n boomryke valley waardeur ‘n mooi stroom vloei.
Agter die kerk en langs die stroom is groot bome en ‘n rustige kuierplek.
Baie mense van die gemeenskap hou gereeld hier piekniek.
By geleentheid het ‘n gemeentelid kommer uitgespreek
oor die moontlikheid dat iemand hier beseer kan raak.
Wat sou dan die wetlike implikasie vir die gemeente wees?
Indien dit gebeur, kan die gemeente gedagvaar word?
Die kerkraad was traag om “gebruik op eie risiko” bordjies op te sit.
Hulle is tog later deur die gemeentelid oortuig om dit te doen.
Die volgende bordjie is toe opgesit:
“Waarskuwing! Enigeen wat hierdie fasiliteite benut,
mag enige oomblik deur mense omring word,
wat vir jou omgee en jou liefhet,
wat ookal met jou mag gebeur!”
Die kerkraad wou hiermee bevestig dat hulle weereens
genade en liefde laat triomfeer oor die wet!
Dit is uiteindelik nie die wet wat mense beskerm,
en hulle na God toe trek nie.
Dit is die liefde en genade van God wat dit doen.
1 Tess. 3:12:
“Mag die Here julle liefde vir mekaar,
en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak.”
Liefde is die magneet wat mense na mekaar toe trek.
Liefde is die magneet wat mense na die Here toe trek.
Ernest