Hoe kyk jy?
Wie sien jy?
Wanner mens met geloofsoë sien,
dan sien jy baie meer as wat te sien is!
Mattues 5:8 sê in Die Boodskap:
"Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het.
God sal sorg dat hulle Hom met hulle eie oë sien."
Die Nuwe Vertaling sê:
“Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien”.
Elizabeth Barret Browning skryf oor hierdie seënwoord
van Jesus in haar gedig:
"Die aarde is propvol hemel!
Die braambos brand met God.
Net hy wat dit regtig sien, trek sy skoene uit.
Die res sit rondom die bos en brame pluk......"
Dit is wat dit beteken om "rein van hart" te wees.
Jy leef so naby aan God dat jy net alles anders begin sien!
Jy sien soos op 'n helder dag,
'n rein van hart dag.
Jy sien helder!
Jy sien die aarde is propvol hemel!
Jy sien God in alles en almal!
Wie en wat sien jy?
Kyk met geloofs-oë!
Sien soos iemand wat van binne af nuut geword het!
Ernest