Die duiwel kan nie net doen wat hy wil nie.
Net God kan.
Daarom sê 1 Petrus 5:8 :
"Wees nugter, wees wakker!
Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu,
op soek na iemand om te verslind."
As die duiwel net kon doen wat hy wil,
dan sou hy nie "op soek na iemand om te verslind" wees nie.
Hy sou net verslind wie voorkom, wie hy wil.
Die feit dat hy op soek is na iemand om te verslind,
beteken dat daar mense is wie hy nie kan verslind nie!
 
Hy loop rond soos 'n brullende leeu om vrees te saai.
Maar die wat hulle nie deur hom laat intimideer nie,
kan hy nie verslind nie!
Dit is ons!
Dit is ons wat weet Wie die ware Leeu van Juda is!
Die ware Leeu wat die oorwinning behaal het! Openbaring 5:5.
En juis Hy wat in ons is,
is groter as die duiwel wat in die wêreld is.1 Johannes 4:4.
 
Moenie die duiwel vrees nie.
Moenie toelaat dat hy jou intimideer nie.
Nie deur sy gebrul nie,
en ook nie wanneer hy jou subtiel probeer mislei nie.
Moenie dat hy skuldgevoelens of minderwaardigheid op jou aflaai nie.
Moenie dat hy jou laat twyfel dat jy God se kind is nie.
Moenie na hom luister nie, hy lieg.
Luister na God en glo Hom!
 
Wees nugter.
Wees wakker!
Hy gaan probeer.
Maar hy kan jou nie verslind nie!
 
Net die volgende vers sê:
"Bly standvastig in die geloof en staan hom teë." 1 Petrus 5:9.
 
Ernest