Deur al die eeue twyfel Christene ook!
Soos Tomas, wat nie by Jesus se eerste verskyning was,
soos die ander dissipels nie.
Dalk sou hy makliker glo as hy daar was.
Party mense glo ook moeiliker as ander.
Dalk is jy ook besig om te twyfel.
Dit is nie noodwendig verkeerd as jy twyfel nie.
Jakobus sê egter 'n mens moet nie altyd
aan die twyfel wees nie. Jak. 1:7-8.
 
Twyfel is deel van 'n mens se geloofsreis.
Dit kan jou bring by die punt waar jy weer kan weet waarom jy glo.
Dikwels staan geloof sterker op uit twyfel.
 
Twyfel word 'n probleem as dit jou verder en verder
van die Here af wegneem.
Moenie toelaat dat dit gebeur nie.
Soek vir antwoorde in die Woord.
Gesels met medegelowiges.
Hou vol om die samekomste van die gemeente by te woon,
soos Hebreers 10:25 ons aanmoedig
Hou aan met bid - Jakobus 1:6.
 
Die Here het begrip vir ons twyfel.
Hy draai nie daarom sy rug op ons nie.
Wanneer Tomas twyfel,
dan help die Here hom om te glo.
En sy reaksie:
"My Here en my God!" Johannes 20:28.
 
Vra die Here om jou twyfel weg te neem.
'n Man met 'n seun wat stom was,
het vir Jesus in Markus 9:24 gesê:
"Ek glo,.... Help my waar ek nog ongelowig is."
En Jesus het sy gebed verhoor.
 
Sê vir die Here wanneer jy twyfel.
Juis omdat jy wil glo!
 
ERNEST