Selfbeheersing is so baie belangrik.
Daarom is selfbeheersing ook die vrug van die Gees.
Die Here gee dit vir jou om daaruit te leef.
Min dinge maak mens byvoorbeeld so kwaad soos spitsverkeer.
Mense wat voor jou indruk. Aan jou linkerkant verbyjaag in die geel lyn.
Mense wat nie stilhou by rooi verkeersligte nie.
Naderhand begin jy selfbeheersing verloor.
Hoe moet ek as kind van die Here reageer?
Onthou, die bose weet dit is waar jy selfbeheersing verloor.
Hy gaan elke so 'n geleentheid wat oor jou pad kom misbruik,
tot jou nadeel, en tot God se nadeel.
Hoe doen ons nie skade aan onsself,
en aan ons verhouding met die Here nie!
Ek verloor selfbeheersing.
Natuurlik kan jy ontevrede wees,
veral as verkeersreëls oortreë word.
Maar die Here vra tog van ons selfbeheersing.
Ook hier binne waar die Here weet hoe jy dink en voel.
Dit is nie so onmoontlik as wat dit klink nie.
Selfbeheersing is deel van die vrug van die Gees.
Wie gaan jy toelaat om jou te beheer?
Die bose gees, of die Heilige Gees?
"Moenie die duiwel vatkans gee nie." Efesiers 4:27.
"Vra jou voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is." Efesiers 5:10.
Tree op soos die Here dit wil hê.
Besluit doelbewus dat iemand anders nie
van jou gaan maak wie jy wil wees nie!
Die ander persoon steur hom in elk geval nie eers aan jou nie.
Hy gee ook nie om nie. Jou optrede laat hom koud.
En jy ly al die pad die skade aan jou eie persoon.
Die Here sal jou laat groei in selfbeheersing en geduld.
Kies nou doelbewus daarvoor in jou optrede!
"Ons lewe deur die Gees;
laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal."
Galasiers 5:25.
ERNEST
Selfbeheersing
- Details