God is hier, oral, rondom ons, in ons!
Dit het Jakob ook daardie nag by Bet-El ontdek.
God is hier waar jy is!
En dikwels besef ons dit nie,
en leef asof God nie is waar ons is nie.
In sy visioen sien Jakob 'n leer met engele van God.
Die punt van die leer reik tot in die hemel.
Dit laat hom in Genesis 28:16 uitroep:
"Die Here is op hierdie plek,
en ek het dit nie besef nie."
Hoe dikwels besef ons nie eers, soos met Jakob,
die Here is daar waar ons is nie!
 
God is hier! Altyd!
Ons kan nie sy aandag ontglip nie.
Gelukkig kan ons nie.
Gelukkig los Hy ons nie om in ons dwaasheid weg te breek nie.
Hoe erg sou dit nie wees as jy per ongeluk, of met opset,
onder God se teenwoordigheid en sorg sou uitval nie!
 
Daarom dat Dawid in verwondering uitroep:
"U omsluit my van alle kante" Psalm 139:5.
Ook vandag doen Hy dit met jou.
Glo dit en leef daarin!
In God se teenwoordigheid.
God is hier!
 
ERNEST