Ons beland in die lewe in erge storms.
Dit slinger jou regtig heen en weer.
Jy beleef ‘n onbeskryflike magteloosheid.
Jy worstel selfs om met God te praat.
Die lewe kan mens soms regtig genadeloos slaan.
As jy na ander kyk besef jy ook in watter storms mense is.
Jou vaarwater lyk dan eintlik kalmer, maar selfs dit help jou nie regtig nie.

Matt. 8:23-27 praat van Jesus wat letterlik 'n storm stilmaak.
Lees dit.
Hierdie groepie is skielik deur 'n storm oorval.
So kom dit ook dikwels onverwags in ons lewe,
en sonder dat ons dit sien kom.
Storms....erge storms! Jy veg om oorlewing.
Jy sluk en trap water. Dit voel of jy ondergaan en verdrink.
En jy wonder......
Hoekom maak God nie die storm stil nie?!
 
Wanneer jy later terugkyk dan besef jy,
God het nie die storm op die see stilgemaak nie,
maar Hy het die storm in jou hart stilgemaak.
Jy kry die vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Jesus belowe nie om elke storm in jou lewe stil te maak nie.
Jesus belowe wel om jou kalm te maak in elke storm van die lewe.
Indien jy nie nou kan praat met God nie…Hy verstaan!
Bid daarom ook as jy in kalm waters is.
Moenie vir die storms wag nie.
Hulle oorval jou.
Wanneer jy ook in kalm waters bid,
dan kan jy juis ook in die storms jou seile span en seil!
Die stukrag van die Heilige Gees sal jou laat seil!
 
ERNEST